Empangeni gemeente bestaan uit lidmate in Empangeni, Mtunzini en
Kwambonambi, wat ons natuurlik 'n driekoppige gemeente maak! Die gemeente
beskik oor kerkgeboue op Empangeni en Mtunzini. Op Kwambonambi deel ons 'n
kerkgebou met die St Aidens gemeente. Met slegs twee leraars en drie preekpunte
kon dit maklik doller as kopaf gegaan het, maar daar word ruim gebruik gemaak
van die dienste van ander leraars in die omgewing sowel as van vaardige
ouderlinge. Elke gemeente-kop het ook sy eie kategeseskool, ingerig volgens sy
eie behoeftes. Elke gemeentekop het sy eie karakter, behoeftes en uitdagings
wat Empangeni 'n besondere interessante gemeente-opset maak. Die gemeente se
ligging hier in Zululand met al sy unieke uitdagings verleen 'n plek in die Here
se Koningkryk waar gelowiges hulle roeping met kreatiwiteit as 'n vreugdevolle
avontuur kan uitleef. En, o ja, het ek al gesê......dis verskriklik warm in die
somer, maar die winters is fantasties!
5 VRIENDSKAPSVERSOEKE!
1: Wil jy help met goeie besluitneming en bestuur
van die gemeente? Link
2: Wil
jy help met die opbou en versorging van ons lidmate? Link
3: Wil jy
help met ons gesinne: manne, vroue, kinders, jongmense en seniors? Link
4: Wil
jy n verskil maak by nood in ons gemeente, gemeenskap en die wêreld? Link
5: Wil
jy help met ons eiendomme, finansies en personeel? Link
WEL, KONTAK ONS... Link
|